Home

Baie welkom by ‘n interessante en opwindende reis.

Die droomwêreld van hierdie blog is vir gewone mense soos ek en jy. Vir my as rasionalis was dit wonderlik om te ontdek dat jy hoef nie ‘n groot Dromer, Profeet of Siener te wees om drome te droom of visioene te sien nie. Hierdie was goeie nuus!

Maak ook nie saak wat jou geloof of siening is, selfs as vlietende leser kwalifiseer jy om deur jou drome gewaarsku of gelei te word. Want – die DroomGewer is lief vir al Sy skepsele en wil deur ons onderbewuste tot ons spreek. Kom geniet dus hierdie blog asook jou toekomsdrome!

Die beste persoon om jou beelde te interpreteer is jyself. Jy kan hierin uitblink. Hier sal jy leer en ontdek dat geen snapshot of visionêre ondervinding in jou lewe onnodig kom maar ‘n belangrike doel en rede het.

Wanneer jy besluit om ernstig die brokkies en oefeninge hier onder die knie te kry sal jy in lyn kom om spesiale drome of betekenisvolle ondervindinge te beleef. Soms net betyds – want God wil jou waarsku en navigeer deur die storms en klippe op jou lewenspad.

Blog Drome Boot teen rots
Drome is hoogs simbolies. Dis die manier wat God met ons praat.

Jammer as jy hier opsoek was na diep profetiese insigte vanaf die outeur. Ek is geen groot gees – eerder teacher – daarom verkies ek om mense te leer hoe om SELF te begin droom en dit self uit te lê. Glo my, na jare se ondervinding weet ek dit is die beste.

Hierdie pragtige saak sal ook jou lewe vir ewig verander!

‘n Paar jaar gelede wou ek ‘n studie maak van dinge soos engele, drome, visioene en selfs die breinwetenskap daarvan. As logikus was ek opsoek na feite maar erken ook die spirituele kant van die saak. Soos met baie ander ondervindinge het ek geweet as kennis en gees saamkom is daar openbaring.

Kort daarna gaan luister ek na ‘n dame wat oor drome praat. Ek het nie veel daarvan gedink dog die kennis interessant gevind. Sy moes my gees oortuig het – daardie nag begin ek skielik droom!

Ek weet dat as jy hier rondkuier sal die Gees van God jou inspireer tot hoër hoogtes. Selfs al ken jy Hom nie –  dis ok. Moenie terughou, maar gee jouself kans om ag te slaan op die beelde van jou innerlike oog.

Drome is net die begin. Ek was bevoorreg om hierdie lering onder by ‘n paar plekke aan te bied. Wat ‘n verrassing toe mense begin droom en vra om ‘n boek!

Blog Drome geestesvlakke

Gou was ek toegegooi onder mense se drome waarna ek besef het dit is onmoontlik om ander se drome effektief uit te lê. Elke mens se situasie verskil en sal net jyself antwoorde vind …

Die orde van die trappe (op die prent) is nie belangrik maar slegs ten doel om dinge vir ons rassioneel verstaanbaar te maak. Heel moontlik het jy al die eerste 4 vlakke beleef, maar omrede jy nie ag daarop gee, kom uitleg nie.

My begeerte vir jou is dat jy in die intieme Raadsale van God sal inbeweeg. Kliek gerus rond om jou droomreis oop te sluit …

(Blogprente – internet)

(Jammer – blog nog onder konstruksie indien artikels onvolledig voorkom)

Blog Drome Trienie

 

Advertisements
Create your website at WordPress.com
Get started